Windmeule wissel wind drywing oor na meganiese drywing. Die hedendaagse meule wissel die drywing verder na elektriese drywing terwyl die ouderwetse meul gebruik die drywing om graan te maal.
Drywing is die tempo waarteen arbeid verrig word of waarteen energie oorgedra word. Die SI-eenheid van drywing is die watt (simbool: W).[1]